HELDE, WORD WAKKER!

Claude Houde

“Roep dit uit onder die nasies, heilig ‘n oorlog! Wek die helde op, laat al die krygsmanne nader kom, opruk! Laat die swakke sê: Ek is ‘n held! Die nasies moet hulle klaarmaak en optrek na die dal van Jósafat [besluitneming]” (Joël 3:9-12).

Ek pleit by jou om saam met my te bid, “Here, gee ons groter geloof,” Maar ek daag jou ook uit om die besluit te neem om ‘n held vir God te wees. Ek het doelbewus die uitdrukking “pleit” gebruik, omdat ek glo dit is van pas en in verhouding met ons saak en die erns van die tye.

‘N BRANDENDE PASSIE VIR GOD

Die apostel Paulus het ‘n brandende vuur binne-in hom gehad. Hy het vir die Korinthiërs gesê, “Want die liefde van Christus dring my” (sien 2 Korinthiërs 5:14). Die kwessies van die ewige koninkryk wat op die spel was, was vir hom so werklik en drukkend dat hy ‘n uitgeroep het met ‘n intensiteit wat vlieg soos ‘n pyl, reguit na ons harte toe oor eeue en kulture heen.

“Ek pleit by julle in die naam van Christus om met God versoen te word” (sien 2 Korinthiërs 5:20)

Die gloeiende werklikheid van hierdie passie brand in my vandag. Ek smeek jou, word versoen met die begeertes en doel wat God vir jou voorberei het.

HERONTWAAKTE GELOOF

Daar is ‘n geloof wat die helde weer wakker maak en opwek. Ek het dikwels gedink dat as die hemel selfs vir ‘n fraksie van ‘n sekonde kon oopgaan om die omvang van die grootheid en intensiteit van God se begeertes, liefde en voorneme vir die mensdom kon onthul, sou van eentoning Chritelike lewe ontslae geraak moes word. Ons sou nie kon voortgaan net om weer in nog ‘n kerkdiens ingedagte en ongeïnteresseerd te sit, tussen die huur van vele films en talle sinnelose realiteitsprogramme op TV nie.

Liewe leser, God se stem word gehoor in die harte van miljoene van gelowiges dwarsdeur die wêreld: “Herontwaak en wek die helde op!”

 

Claude Houde is die hoofpastoor van Eglise Nouvelle Vie (Nuwe Lewe Kerk) te Montreal, Kanada. Onder sy leierskap het Nuwe Lewe Kerk gegroei van ‘n handjievol mense na meer as 3500 in ‘n deel van Kanada met min suksesvolle Protestante kerke.