HEERLIKE VRYHEID

David Wilkerson (1931-2011)

Eeue voor Jesus gebore is, het die profeet Jesaja geprofeteer dat God ‘n verlosser na die mensdom sou stuur om die mensdom te bevry, en Jesus het self een Sabbat in ‘n Joodse sinagoge gestaan en die wêreld herinner aan hierdie profesie toe Hy gelees het:

“Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gesstuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylaing te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur . . . Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul” (Lukas 4:18, 21).

Jesus het die aan die hele wêreld verkondig, “My sending op aarde is om elke geknakte riet te bevry.” Bevry beteken “om vry te maak van alle slawerny; om weg te doen met alles wat verdruk.” As jy die waarheid van Christus se woorde glo, dan weet jy Hy sê vir jou, “Ek is gestuur om jou lewe te bevry, om jou lewe vry te maak van alle verdrukking en slawerny. Ek het gekom om jou gees te bevry.”

Paulus het gepreek van die “vryheid van die heerlikheid van die kinders van God” (Romeine 8:21) en het by die Galásiërs aangedring, “Staan dan vas in hierdie vryheid waarmee Christus on vrygemaak het” (Galásiërs 5:1). 

Christus het na gekom om elke gelowige te roep om in vryheid te lewe. As ons dit glo, waarom gaan ons voort om op dieselfde ou ellendige manier te lewe? Is dit omdat ons dink ‘n lewe heeltemal vry van vrees en skuld is net te ongelooflik? Lewe sonder ‘n swaar las van veroordeling of depressie? Lewe in die teenwoordigheid van ‘n liefdevolle, teer Saligmaker wat omgee oor al ons behoeftes?

Klink dit alles te goed om waar te wees? Wel, glo dit! Omdat dit presies die soort lewe is wat Christus vir elkeen van sy kinders wil hê om te geniet. Nie net ‘n paar van sy kinders nie, maar hulle almal! Hierdie lewe word vrylik aangebied aan almal wat Hom eenvoudig daarvoor vertrou.