GROOT EN BAIE LOFWAARDIG

David Wilkerson (1931-2011)

In die Psalms, loof Dawid God se grootheid omdat Hy die seën wat in Hom glo.

“o, Hoe groot is u goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die mensekinders! U verberg hulle in die skuilplek van u aangesig vir die samesweringe van mense; U steek hulle weg in ‘n hut vir die twis van die tonge” (Psalm 31:20-21).

Toe Dawid uitgeroep het, “O, hoe groot is God se goedheid!” het hy bedoel, “Ek is oorval deur al die goedheid wat God vir ons weggebêre het.” Hy vier die ongelooflike stoorkamer van genade en goedheid wat God vir ons weggebêre het. Dawid het getuig dat hy sou beswyk het “as ek nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie” (Psalm 27:13).

God se goedheid en belonings word nie vir “eendag” in die hemel weggebêre nie – dit is bedoel vir sy mense in hulle huidige beproewings.

God sê Hy sal ons geloof beloon. En Hy wil hê ons moet Hom nou, te midde van ons krisis, vir daardie belonings soek. Soek jy na ‘n teken van hoop vir ‘n rebelse seun of dogter? Moet jy net een deurbraak in die wolke van jou finansiële storm sien? Roep die Here in geloof aan; Hy sal na jou toe kom om jou te vertroos en te versterk. Hy wil jou beloon met nuwe hoop om jou met al die krag in jou huidige vloedgolf van beproewing te voorsien. Sy stem styg bo alle vloedwater uit!

God se Woord maak dit duidelik dat ons nie bekommerd oor wêreldkrisisse moet wees nie. Ons moenie bekommerd wees oor die ekonomie nie. Hy wil alle spanning oor ons geliefdes, ons familie, ons smarte en ons beproewings wegneem. En Hy het ons die rede vir hierdie groot vertroosting en versekering gegee: Ons God is groot en baie lofwaardig!