GOEIE NUUS VIR ALMAL

Nicky Cruz

‘n Aantal jare gelede by die openingsaand van ‘n veldtog in London, Engeland, was die skare wat byeengekom het, baie uiteenlopend – hippies, punk rockers, verslaafdes, Goths, prostitute, hawelose mense, en meer. Oral waar ek gekyk het, was kinders met pers, groen en oranje hare. Die meeste was geklee in swart klere versier met sataniese simbole, en hulle liggame was deursteek in amper elke denkbare plek. Ek het nog nooit so baie verwarde en gebroke jongmense gesien nie.

My vrou, Gloria, het ‘n sitplek gehad in die eerste ry van die ouditorium. Terwyl ek gereed gemaak het om op die verhoog te gaan, het ek in haar rigting gekyk en gesien ‘n jongman sit in die stoel langs hare. Hy het skrikwekkend gelyk – ‘n Goth met al die toebehore! Toe hy na een kant toe geskuif het, het ek iets oor sy skoot sien kruip. Ek het stip gekyk en besef dit was ‘n swart rot aan ‘n halsbandjie.

 Gloria is vreesbevange vir rotte en eers het sy dit nie opgelet nie; ek het gehoop dit sou so bly. Maar toe die jongman sy kop van haar af wegdraai, sien ek sy loer in sy rigtiging, net betyds om die rot oor sy skoot te sien kruip.

Gloria weet dat ek haar liefhet en dat ek nooit sou toelaat dat iets met haar gebeur nie, maar ek sou nie ‘n persoon uit ‘n veldtog skop nie, veral nie iemand wat Jesus só duidelik nodig gehad het nie. Toe ek haar oog gevang het, het ek vir haar beduie om kalm te bly. Ek is nie seker sy het die boodskap gekry nie, maar sy het in haar sitplek gebly, so styf soos ‘n riet dwarsdeur die hele diens – ‘n ware staatmaker.

Later, tydens die oproep na die altaar, was hierdie jongman die eerste om vorentoe te stap en Christus te ontvang. Hy het daar voor gestaan met die rot in sy hande en sy hoof gebuig. Trane het van sy gesig afgerol terwyl ‘n vrywillige werker hande op hom gelê het en saam met hom gebid het om Christus te ontvang.

“En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom” (Markus 16:15).

Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson en later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run