GODGEGEWE LASTE

David Wilkerson (1931-2011)

Word jy uitgedaag om uit te stap in nuwe rigting in wat bonatuurlike geloof vereis? Het jy nodig dat God ‘n wonderwerk in jou lewe doen sodat jy jou droom kan verwesenlik?

In God se oë, het ware geloof niks te doen met die omvang van ‘n taak wat jy beplan om te volbring nie. Liewer, dit het te doen met die fokus en rigting van jou lewe. Jy sien, God is nie so bekommerd oor jou groot visie as wat Hy is met wie jy besig is om te word nie. Trouens, geen werk, ongeag hoe groot, is van enige waarde vir die Here nie, tensy die mindere, verborge sake van geloof verrig word nie.

“En as julle nie getrou was in ‘n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?” (Lukas 16:12). Jesus sê vir sy dissipels, “Jy sê jy wil ‘n openbaring hê, iets wat jou in staat stel om groter dinge te doen. Hoe kan jy egter vertrou word met daardie soort geloof as jy nie betroubaar is met die dinge wat ander vir jou gegee het nie?”

Jesus se woorde moes sy dissipels hulle koppe laat krap het. Die Meester het geweet hulle het niks besit nie en hulle het alles verlaat om sy dissipels te wees. So wat bedoel Jesus wanneer Hy sê, “’n ander se goed” (16:12)? Hy praat van ons liggame en siele, wat Hy met sy eie bloed gekoop het. “Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort” (1 Korinthiërs 6:20).

Jesus sê vir ons, “Jou liggaam behoort nie meer aan jou nie, en as jy nie daardie liggaam versorg nie – as jy My nie toelaat om binne-in jou te kyk, met jou sonde af te reken en jou te reinig nie – hoe kan jy van My verwag om jou met iets groter te vertrou? Ek wil hê jy moet terugtree en kyk na wat jy gedoen het met die dinge wat Ek reeds vir jou gegee het.”

Ek dank die Here vir hemelse visioene en Godgegewe laste. Baie belaste gelowiges besef nie dat voor ‘n droom in vervulling kan kom, word ons dikwels jarelank gestroop en gebreek deur God. Jesus wil hê ons moet net ons geloof bring, Hy sal ‘n ware visie gee.