GOD WIL ONS OË OOPMAAK

David Wilkerson

Sommige mag vra, “Wat van die dissipels se ontsaglike belewenis op die Berg van Verheerliking? Was dit nie ‘n manifestasie van God se heerlikheid nie? Daar was ‘n oorweldigende lig en die wonderbaarlike verskyning van Moses en Elia.”

Op daardie oomblik, was God se heerlikheid nie in Moses of Elía of selfs in die skouspelagtige lig nie. Liewer, sy stralende heerlikheid, was in Jesus:

“Sy aangesig het geblink soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig...daar sê ‘n stem uit die wolk: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het. Luister na Hom!” (Matthéüs 17:2,5-6, kursief myne).

Hier word God se heerlikheid verpersoonlik in Christus. Jesus is die openbaring van alles wat God aan Moses gesê het Hy was: barmhartig, genadig, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou, wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en sonde vergewe. Op die Berg van Jesus se verheerliking, het God ‘n lewende beeld van sy eie heerlikheid geopenbaar. “Dit is nou alles beliggaam in my Seun.”

Geliefde, God wil jou oë oopmaak vir die “rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges” (Efésiërs 1:18). Dit beteken eenvoudig, dat die heerlikheid wat aan Moses geopenbaar is, beliggaam is in God se Seun. En nou is Christus aan ons gegee as ons erfdeel.

“Want in Hom, Christus Jesus, ons Here, woon al die volheid van God liggaamlik” (Kolossense 2:9, my parafrase).