GOD WIL DIE ONMOONTLIKE DOEN

David Wilkerson (1931-2011)

Waarom het God gewag tot Abraham en Sara oud was om vir hulle ‘n seun te gee? Waarom het Hy gewag totdat die situasie menslik onmoontlik geword het en slegs absolute geloof in Hom die belofte kon vervul? Dit was omdat hierdie nageslag heeltemal in geloof gebore moes word.

Abraham en Sara het albei die wonderlike belofte van God om vir hulle ‘n seun te gee, geken, maar hulle geloof was nog nie ryp nie. Sara het ongeduldig geword en ‘n plan beraam en Abraham het daarmee saamgegaan. Ismael was gebore en hoewel dit waar was dat hy van Abraham se nageslag was, was hy nie die beloofde erfgenaam nie. Volgens die geneigheid van die menslike natuur, het Sara uit jaloesie kwaad geword vir haar man en hom geblameer. Hulle het albei probeer om God se belofte te vervul deur hulle eie pogings (sien Génesis 16:1-15).

Miskien wonder jy waarom jou belofte nog nie vervul is nie. Jy probeer uitwerk hoe God jou behoeftes sal aanspreek en val vas deur te konsentreer op die hindernisse in plaas van op die moontlikhede.

Vir Abraham en Sara was hulle wonderwerkkind gegee, maar nie totdat albei oortuig was dat God sy belofte op sy manier en op sy tyd sou vervul nie. Ons weet hulle het sterk geword in hulle geloof, maar slegs nadat hulle getwyfel het – en Ismael was ‘n teken van daardie gaping in hulle geloof. Later was dit egter van Abraham gesê: “En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee en was ten volle oortuig dat Hy ook die mag het om te doen wat Hy beloof het” (Romeine 4:20-21).

Geliefde, enige twyfel wat jy het kom van ongeloof af; moenie probeer om dinge uit te werk of die sake self uit te redeneer nie. Geloof beteken jy het al jou redekaweling laat vaar en is ten volle oortuig dat God sy Woord sal hou. Hy wil die onmoontlike doen, want hoe moeiliker die situasie is, hoe meer eer ontvang Hy!