GOD VERDEDIG SY MENSE

David Wilkerson

Die Woord sê koning Hiskia was Godvresend: “Hy het die Here aangehang”(2 Konings 18:6)

Gedurende Hiskia se heerskappy, was Jerusalem beleër deur die Assiriërs, die groot wêreldmag van daardie tyd. Hierdie magtige leër het reeds Samaria en die stede van Juda beset en nou het hulle ook Jerusalem omsingel. Hulle koning het hardop gespot, “Ons het die gode van al die nasies oorwin. Hoe dink julle gaan julle God julle verlos?

GOD OP DIE PROEF GESTEL

Ons sien dat die Here hier op die proef gestel word. Sy getrouheid was bevraagteken voor die hele ryk, voor Israel se vyande en selfs voor sy eie volk. Wat sou gebeur as Hy nie optree nie?

Soos die krisis groter geword het, het Jesaja gestaan en kyk wat gebeur. Hy het ‘n woord by God gekry waarop hy ten volle vertrou het. Hy het God nou aan sy woord verbind en daarmee God se eer op die spel geplaas. Hy het in werklikheid gebid, “Here my eer tel nie. As U nie U woord nakom nie, kan ek altyd in die woestyn gaan wegkruip. Dit is U eer wat op die spel is”.

Daarmee, het Jesaja rustig met Hiskia gepraat oor die koning van die Assiriërs.

“Hy sal in hierdie stad nie inkom en daar geen pyl inskiet nie en dit met geen skild aanval en daar geen wal teen opgooi nie. Met die pad wat hy gekom het, sal hy teruggaan: maar in hierdie stad sal hy nie inkom nie, spreek die Here. Ek sal hierdie stad beskut, om dit te verlos, ter wille van My en My kneg Dawid” (2 Konings 19: 32-34, my beklemtoning).

God sal nooit sy volk, wat op Hom vertrou, beskaamd laat staan nie en daardie nag het Hy ‘n magtige wonderwerk gedoen. Die Woord sê 185,000 Assiriese soldate het op raaiselagtige wyse gesterf wat hewige paniek veroorsaak het, sodat die magtige leër gevlug het. Weereens het God Sy volk verdedig om Sy eie onthalwe