GOD IS VERBIND AAN SY WOORD

David Wilkerson (1931-2011)

Vrymoedigheid in gebed spruit uit die kennis van iets genaamd ‘n “bindende presedent.” As jy hierdie waarheid kan begryp, sal dit die manier waarop jy bid vir altyd verander. ‘n Presedent is ‘n “vorige saak” wat dien as ‘n voorbeeld vir daaropvolgende sake. En ‘n “bindende presedent” is ‘n wettige besluit wat in die verlede gemaak is en ‘n gesaghebbende beslissing word vir soortgelyke sake in die toekoms. Vir regters beteken dit dat hulle moet bly by ‘n besluit wat reeds gemaak is.

Goeie prokureurs vertrou dikwels op ‘n “bindende presedent” vir hulle sake, omdat hulle weet dat ‘n presedent in die hof gehandhaaf sal word. Daarom soek hulle hul wetboeke deur om gunstige sake van die verlede te vind waarmee hulle hul argumente kan versterk in die hof. Hulle vra ook die raad van bekwame wetlike raadgewers, wat presedent beslissings kan aantoon om van toepassing te maak op hulle eie sake.

Dwarsdeur die Bybel, kry ons heilige mans en vroue wat hierdie soort “bindende presedent” nagevors het. ‘n Volmaakte voorbeeld hiervan is Koning Jósafat. Toe Jósafat oor Juda geheers het, het hy te staan gekom teen ‘n inval deur ‘n massiewe leër. Die nasie het hulpeloos gebewe voor hierdie sterk mag en daarom het Jósafat “sy aangesig daarop gerig om die HERE te soek, en hy het oor die hele Juda ’n vasdag uitgeroep” (2 Kronieke 20:3). Die mense het gebid, gevas, voorbidding gedoen en hulle bekeer – en die Koning het onthou van God se “presedent barmhartighede” en hy het dit voor die Here gebring:

“HERE, God van ons vaders, is U nie God in die hemel nie, en is U nie Heerser oor al die koninkryke van die nasies nie? Ja, in u hand is krag en sterkte, sodat niemand teen U kan standhou nie?” (20:6). Jósafat het God verbind aan sy vorige barmhartighede: “Het U, onse God, nie die inwoners van hierdie land voor u volk Israel uit verdrywe en dit vir altyd aan die nageslag van Abraham, u vriend, gegee nie?” (20:7).

Jósafat het God herinner, “Here, U het vir u mense ‘n ewige woord gegee en ek bring dit nou voor U. Die beloftes wat U aan Abraham en ons vaders gemaak het, is steeds bindend op U om dit aan ons te vervul.” Natuurlik het God Jósafat verhoor en Juda se vyande is verslaan. God was verbind tot sy eie Woord.

Wees vrymoedig in gebed vandag en kyk hoe Hy sy beloftes in jou lewe vervul.