GOD SE WERK DEUR ONS BEPROEWINGS HEEN

Gary Wilkerson

“Daarin verheug julle jul, al word julle nou — as dit nodig is — ’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge, sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus; vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met ’n onuitspreeklike en heerlike blydskap, en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry” (1 Petrus 1:6-9).

Petrus sê dit is noodsaaklik vir ons om deur beproewings te gaan vir ‘n rukkie. Ek wens ek kon al die swaarkry in my lewe net vir ‘n kort rukkie laat duur, nê? Maar Petrus praat nie oor net ‘n kort tydjie nie, hy sê dat terwyl ons nog op hierdie aarde is, kan ons nie wegkom van vurige beproewings wat vir ons spanning en angs veroorsaak nie. Terwyl ons steeds in hierdie liggaam is, moet ons nie dink dit is ongewoon dat ons ly nie. God weet dit en is eintlik besig om iets kragtigs te doen te midde van ons beproewing. 

“Daarin verheug julle jul” (vers 6). Waarom sou iemand hulle verheug in beproewing en verdrukkings? In die Grieks beteken die woord verheug soos dit hier gebruik word eintlik om te spring van blydskap. Dieselfde woord word gebruik in die boek Handelinge waar ‘n kreupel man genees is nadat Petrus hande op hom gelê het (sien Handelinge 3:9). Maar verheuging terwyl jy ly, daag logika uit en kan slegs versoen word in die lig van begrip van wat die Here veroorsaak om in jou lewe te gebeur. Die drie Hebreeuse mans was in ‘n vuuroond gegooi, maar in plaas van deur die vuur verteer te word, het hulle in ‘n volmaakte toestand daar uitgekom – tot eer van God. Selfs die koning was beïndruk met hulle onwrikbare geloof in hulle God (sien Daniël 3:20-29).

Ons geniet dit om hierdie getuienisse te lees, maar God is dieselfde vandag as wat Hy toe was. Hy gaan met ons deur al ons beproewings en dra ons deur met oorwinning as ons Hom volkome vertrou.