GOD SE UUR VAN KRAG

David Wilkerson

Toe Jesus die water in wyn verander het in Kana (Johannes 2), het Hy eintlik vir Sy dissipels – en vir Sy Kerk wat sou kom – ‘n geïllustreerde preek gegee. Ons Here het nooit iets gedoen of enige woord gespreek wat nie ewige betekenis gehad het nie. Alles wat die Skrif oor Hom sê, dui op die onveranderlike natuur en werkinge van God.

Jesus se “uur” (Johannes 2:4) het te doen gehad met iets wat by die bruilofsmaal gebeur het. Dit is, Sy uur van krag het gekom toe daar geen wyn in die kanne meer oor was nie. Dit gebeur met ons wanneer ons sonder oplossings is, wanneer al ons menslike pogings verniet is – en slegs ‘n wonderwerk ons probleem kan oplos.

Ons vind hierdie beginsel dwarsdeur die Bybel aan die werk: In die mens se donkerste uur, het die Here ‘n geskiedenis om Sy krag te openbaar. Wanneer ons aan die einde van onsself kom, het God reeds ‘n groot werk van verlossing om ons onthalwe voorberei.

Die Skrif gee vir ons voorbeelde van hierdie beginsel. In Rigters 6 bevind Israel hulleself in ‘n periode van verskriklike verarming. Jaar na jaar was God se volk hulpeloos gelaat deur ‘n plunderende vyand: die wrede Midianiete. Wanneer hierdie vyand nader gekom het, het God se volk gevlug na die berge vir veiligheid en in grotte weggekruip. In die tussentyd, het die vyand hulle gewasse en kuddes gesteel, en alles vernietig wat hulle opgebou het en Israel heeltemal “sonder lewensmiddele” of in ‘n geestelike dood gelaat.

Israel se armoedige toestand het jaar na jaar voortgesleep. Dit was egter in hierdie donker uur waarin God Sy mag geopenbaar het om Sy volk se onthalwe. Die Here het inderdaad Sy verlossing gebring deur die armste man van die armste familie in die armste stam van Israel te kies: Gideon. Sy uitroep het die lyding van die volk van Israel weerspieël. “Ag, my heer, as die HERE met ons is, waarom het al hierdie dinge ons dan oorgekom? En waar is al sy wonders...?” (Rigters 6:13).

Jy is waarskynlik goed bekend met hierdie storie. God het ‘n engel gestuur na Gideon en saam met driehonderd ander mans, het hulle terwyl hulle net ramshorings en fakkels gebruik het, die mag van die Midianiete verbreek en Israel was wonderbaarlik verlos!

Hulle uur van duisternis het God se uur van krag geword!