GOD SE TYDTAFEL

Carter Conlon

Wanneer God sê, “Ek gaan jou lewe gebruik tot my eer,” vergeet ons dikwels dat ‘n swaard nie gevorm word op ‘n hangmat nie, dit word gevorm op ‘n aambeeld. Daar gaan hitte, ‘n gehamer, gebuig en vervorming wees. Dit is alles nodig, en dit gaan tyd in beslag neem. In die proses, roep ons uit, “Here, ek het gedink U sê U gaan my  lewe gebruik, maar al wat ek doen is om deur vuur te gaan. O, Jesus, help my!”

Die Here antwoord jou, “Ek het vir jou gesê Ek gaan jou lewe tot my eer gebruik! Maar Ek gaan jou nie gebruik tot jy gereed is nie.”

Die profeet Hábakuk het gesê, “Want die gesig sal nog duur tot op die vasgestelde tyd; maar dit spoed na die einde en sal nie teleurstel nie. As dit mag vertoef, wag daarop; want alte seker sal dit kom en nie versuim nie” (Hábakuk 2:3).

Die dinge wat God tot jou gespreek het, sal in vervulling kom. As God gesê het Hy sal jou familie huistoe bring, dan sal Hy jou familie huistoe bring! As God gesê het Hy gaan jou lewe gebruik, dan sal Hy jou lewe gebruik – maar op sy tydtafel, nie joune nie.

Paulus het die Filippense vermaan: “Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is – watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit” (Filippense 4:8).

Soms mag dit lyk of God stil is, hoewel Hy eintlik reeds die antwoord gestuur het. Dit ontmoet nietemin ‘n vorm van weerstand voor dit ons bereik. Hierdie hindernis mag in werklikheid binne-in ons wees, omdat ons na nader stemme luister wat die stem van God weerstaan. In vandag se samelewing, het ons toegang tot so baie stemme, en dit kan maklik ons gedagtes laat afdwaal. Ons moet dus baie versigtig wees oor na wie en wat ons luister.

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.