GOD SE TEENWOORDIGHEID IN DIE WILDERNIS

David Wilkerson

Wanneer God se teenwoordigheid ontbreek, is alles uit balans uit en sonder leiding of regverdige onderrig. Elkeen word ‘n vir homself ‘n wet en doen sy eie ding. Dit is die beeld van baie Christelike huise vandag: alles is buite orde, met geen rus of vrede nie en elkeen doen net wat hy of sy wil. In sy genade treur die Here oor sulke wanorde.

Dit hoef egter nie so te wees nie. God se beloftes is onveranderlik en Sy Woord belowe, “Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra” (Jeremia 29:13).

Hierdie is nie een of ander komplekse teologie nie. Enigeen kan die blywende teenwoordigheid van God hê as hy of sy net uitroep in geloof. Ons word belowe, "Die Here...sal...Hom deur julle laat vind” (2 Kronieke 15:2). Die Hebreeuse woord hier vir vind beteken; “Sy teenwoordigheid kom na vore om bekwaam te maak en te seën.” Met ander woorde, “Ryk uit na die Here met jou hele hart en Hy sal sy teenwoordigheid laat manifesteer. Dit sal ‘n almagtige krag wees wat jou in staat sal stel om vas te staan en nie bang te wees nie. Net wanneer God se teenwoordigheid by ons is, kan ons staande bly en Sy glorie aanskou.

Toe die Israeliete in die wildernis was, het God sy teenwoordigheid laat manifesteer deur ‘n wolk. Hierdie wolk was ‘n fisiese manifestasie van God se belofte om met Sy volk te wees. Dit het die Tabernakel dag en nag bedek en het as ‘n gids opgetree vir elke onderneming. Wanneer die wolk beweeg het, het die volk beweeg, en wanneer dit gebly het, het die volk gebly. Die mense hoef nooit te gewonder het watter rigting om in te slaan of wat is hulle toekoms nie. Hulle het al hulle sekerheid geplaas in daardie sigbare wolk van die Here se teenwoordigheid.