GOD SE REDE HOEKOM HY SY KRAG TENTOONSTEL

Nicky Cruz

In die derde hoofstuk van Handelinge, nadat Petrus en Johannes ‘n kreupel bedelaar by die hek wat na die tempel toe lei, genees het, was ‘n aantal omstanders verstom oor die gebeurtenis. Hulle het hierdie man al jarelank geken en die genesing kon nie ontken word nie. Toe die mense die dissipels daaroor vra het Petrus vir hulle gesê, “Israeliete, hoekom is julle hieroor verbaas? Wat staar julle ons so aan asof ons deur ons eie krag of vroomheid gemaak het dat hierdie man loop? Die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob, die God van ons voorvaders, het aan Jesus, sy Dienaar, goddelike eer gegee” (Handelinge 3:12-13).

Wanneer God sy mag vertoon in die teenwoordigheid van ongelowiges, dan doen Hy dit vir ‘n rede. Die bedoeling is om Jesus te verheerlik, om mense na Hom toe te trek, om ons ‘n idee te gee hoe die hemel sal wees. Hy wil die ontsaglike moontlikhede demonstreer wat voorlê vir die wat kies om Hom te dien. Hy toon sy algehele en omvattende outoriteit oor die natuurlike wêreld en wanneer Hy kies om dit te doen, dan is dit nie ons plek om die situasie te bevraagteken of te manipuleer nie. Ons moet dit aanvaar en Hom die nodige erkening en lof te gee wat Hy verdien.

Dis hartseer, maar ek vind meer teenstand teen God se bonatuurlike kragte binne die liggaam van Christus, dan daar buite. Baie gelowiges is skepties want hulle het nog nooit God sulke wonderwerke in hulle eie lewens sien doen nie en daarom twyfel hulle of Hy dit in ander se lewens kan doen.

Dit het my baie bekommer, maar nou kies ek om net voort te beur, om aan te hou bedien en te preek en te beweeg in God se Gees. As ander God se krag en Gees soek, sal Hy dit aan hulle openbaar.

Maak dit die doel in jou hart dat jy nie die vreugde en krag wat Christus in jou lewe kan bring sal misloop nie. Maak oop en aanvaar dit!

Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson en later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run.