GOD SE PLEK VAN KALMTE

David Wilkerson

Wanneer jy in benoudheid is – wanneer jy oorweldig voel deur vrees, moedeloos is as gevolg van teenspoed en onsteld is van bekommernis oor jou toekoms – sê God dat daar ‘n geheime skuilplek is. Dit is ‘n plek van troos waar ons kalmte vir ons siele kan vind.

Waar is hierdie geheime skuilplek? Dit is ‘n kamer in jou gedagtes wat Jesaja op die volgende manier beskryf: “U sal ‘n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U” (Jesaja 26:3, kursief myne).

As God ons beveel, “Sluit die deure,” bedoel Hy die volgende. Hy wys vir ons die noodsaaklikheid om die talle bekommerde stemme uit ons gedagtes te sluit. Ons moet die deur toemaak vir al die gedagtes oor môre, oor wêreldse aangeleenthede. Jesus het vir ons gesê, “Kwel julle dus nie oor môre, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel” (Matthéüs 6:34). Die Here wat ons getrou tot so ver gebring het, sal ons ook nie teleurstel in die dae wat kom nie.

Beskou die hulpgeroep van die Psalmis:

“Wees my genadig, o God, wees my genadig, want by U het my siel geskuil, en in die skaduwee van u vleuels sal ek skuil totdat die onheil verbygegaan het. Ek roep God, die Allerhoogste, aan, God wat dit vir my voleindig. Hy sal uit die hemel stuur en my verlos terwyl hy wat my vertrap, my smaadheid aandoen. God sal sy goedertierenheid en sy trou stuur” (Psalm 57:2-4, kursief myne).

“As ek aan U dink op my bed, in die nagwake oor U peins. Want U was ‘n hulp vir my, en in die skaduwee van u vleuels sal ek jubel. My siel is aan U verkleef; u regterhand ondersteun my” (Psalm 63:7-9).