GOD SE MOTIVERING OM JOU TE VERLOS

David Wilkerson (1931-2011)

Toe die drie jong mans wat ons ken as “die drie Hebreeuse seuns” in die brandende oond gegooi was, was ‘n vierde Man daar saam met hulle – Jesus! Die mans het nie gebrand nie; trouens, hulle klere en hare het nie eers na rook geruik toe hulle uit die oond gekom het nie. Geliefde, dit is die soort verlossing wat God vir jou wil bring!

Wat is God se motivering om jou te wil verlos? Is dit omdat jy iets gedoen het om Hom tevrede te stel? Het jy meer tyd aan gebed bestee? Het jy ure deurgebring deur die Skrifte te lees? Het jy belowe om Hom nooit weer teleur te stel nie? Jesaja het die ware openbaring gehad: “Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet” (Jesaja 43:4).

God het in wese vir Israel gesê, “Jy is op die punt om deur vure en rivierstrome te gaan,  maar Ek sal saam met jou deur dit alles gaan. En op die ou end, sal Ek jou verlos bloot omdat jy Myne is! Ek ken jou by die naam en jy is die behae van my hart!”

“Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie; dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie” (Efésiërs 2:8,9).

Jy mag dalk sê, “Ek kan glo dat God ‘n behae het in heilige herders. Hulle bid en bring so baie tyd deur in die Woord. En ouderlinge en voorbidders het deur toetse en beproewings gegaan en hulle het oorwin. Maar ek vind dit moeilik om te glo dat ‘n besorgde, wankelrige Christen vir God kosbaar kan wees.

Selfs as jy sou leef om vyfhonderd jaar oud te word, sou jy nie lank genoeg leef om God te behaag met jou eie krag nie. Miskien het die duiwel jou oortuig dat jy God teleurgestel het en dat jy nooit in staat sal wees om Hom te behaag nie. Maar dit is ‘n leuen, omdat jy gered en vergewe is.

O, dank God vir Jesus! Sy genade stel ons in staan om in oorwinning te bly staan.