GOD SE MAJESTEIT EN KRAG

David Wilkerson

Tans glo ek dat die Kerk ‘n nuwer kursus nodig het oor God se majesteit en krag, baie soos wat aan Job gegee was. Die Here het vir Job in wese gesê:

“Wat is al hierdie donker, hopelose gepraat wat Ek van jou hoor? Staan op en luister na My. Ek het die fondamente van die aarde gelê; Ek het die lig en die duisternis gemaak; Ek het die reën, sneeu, ys en wind gemaak; Ek het vlerke vir die voëls gegee en die diere in die veld kos gegee. Ek beheer die hele natuur.

“Sê vir my Job, wie kan donder met ‘n stem soos Myne? Wie kan in elke mens se hart inkyk en sy toestand raaksien? Wie kan die arrogantes identifiseer, hulle opspoor en hulle neervel?” (see Job 38).

Geliefde, dieselfde God wat die name en adresse van elke trotse mens ken, ken ook jou naam, jou adres en jou toestand. En Hy sal jou in Sy hart bewaar al jou dae, deur alle teëspoed. Om dit te aanvaar, is om deur geloof te lewe.

As ek deur geloof lewe, sal ek nie die toekoms van God se mense of die Kerk in rampspoedige tye vrees nie.

“En op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie” (Matthéüs 16:18).

Hierdie belofte van Jesus het die geloof van geslagte bemoedig. En dit is bedoel om ons nou in ons huidige wêreldwye teëspoed te onderhou.