GOD SE LIEFDE KEN EN SIEN

David Wilkerson

Dit is tragies dat die godsdienstige wêreld al vir eeue lank vedeeld is. Deur die geslagte heen, het verskriklike verdeeldheid Christene teen mekaar in laat stry. Broer het teen broer te staan gekom, suster teen suster en ganse denominasies is vernietig.

Ek het in werklikheid net my broer lief wanneer ek langs hom kan staan terwyl ons Jesus saam aanbid. Ek weet dat ek waarlik my broer liefhet as ek met vertroue voor Christus se troon kan staan, met die wete dat ek niks in my hart teen hom het nie. Ek weet dat ek my broer waarlik liefhet, as ek dieselfde liefde vir hom het as wat Jesus aan my bewys het.

So, hoe het ons mekaar werklik lief soos wat Christus ons liefgehad het?

Dit gebeur wanneer ons diegene vergewe wat ons skade gedoen het, net soos Christus vergewe het.

Dit gebeur wanneer ons uitreik na diegene wat afvallig geword het en alles in ons vermoë doen om hulle te terug te bring.

Dit gebeur wanneer ons ander hoër ag as onsself.

Liewe heilige, ek pleit by jou vandag: Lê alle bitterheid, twis en minagting af. Moenie die seëninge van God in jou lewe en huis verhinder nie. Gehoorsaam Sy nuwe gebod aan jou en onthou Sy Woord: “Hieraan sal almal weet dat julle myne is – as julle liefde onder mekaar het!” (sien Johannes 13:35). Dan sal die verlorenes God se liefde sien en ken deur sy gehoorsame, vreugdevolle, opofferende mense – die kerk. Amen!

“Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself” (Filippense 2:3).