GOD SE LIEFDE IS GROTER

David Wilkerson (1931-2011)

Ons hemelse Vader wil hê ons moet ‘n blywende versekering hê van sy liefde. Jesus het ons sonde probleem by Gólgota uitgesorteer en hoewel ons soms misluk, herinner die Heilige Gees ons voortdurend van die Vader se liefdevolle goedheid. Wanneer ons fokus op ons sonde, verloor ons alle visie van God die graagste wil hê: “En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ’n beloner is van die wat Hom soek” (Hebreërs 11:6).

God is ‘n beloner en Hy is gretig om sy liefde oor ons uit te stort as ons verslae is. Dawid is ‘n voorbeeld van iemand wat geseënd was met God se goedheid, self al het hy ver in sonde verval. Jy ken die storie van hoe hy in blatante owerspel verval en moord gepleeg het om te keer dat hy uitgevang word. Dawid het ‘n skynheilige geword, en het in die aangesig van God se seëninge gesondig en skande oor die Naam van die Here gebring. Maar, hoewel hy kwaai getugtig was, was Dawid vergewe en ten volle herstel.

God het die profeet Natan gestuur om Dawid te konfronteer oor sy sonde omdat dit so aanstootlik in sy oë was. Maar ten spyte daarvan, wou God hê Dawid moes weet dat hy vergewe was. Jy sien, God het geweet Dawid sou gebroke en verslae wees oor sy sonde; die beste van alles, die Here het geweet dat Dawid in sy hart nie ‘n gewoonte owerspelige of moordenaar was nie. In plaas daarvan, was Dawid verrras deur sonde, oorweldig in ‘n oomblik van swakheid.

Net so, sien God jou hart. Die Here weet jy het nie een oggend wakker geword en besluit, “Vandag gaan ek owerspel pleeg. Ek gaan my humeur verloor en ontplof” nie. Nee, slegs geharde sondaars tree so op. Christene word verras en oorval deur sonde; trouens, die vyand oorstroom hulle terwyl hulle met God se werk besig is.

Geliefde, God het jou trane getel selfs voor jy hulle gestort het. Hy het jou vergewe op die oomblik van jou eerste gevoel van oortuiging van sonde en smart. “Die goedertierenheid van God [wil] jou tot bekering ... lei” (Romeine 2:4). Sy liefde is groter as al jou sondes!