GOD SE LEWENDE AANBEVELINGSBRIEWE

David Wilkerson

“Julle is self ons aanbevelingsbrief, geskryf op ons harte, vir almal om te lees en te verstaan.” (2 Korinthiërs 3:2).

Ek het ‘n vraag vir jou: Wat sê jou lewe vir diegene rondom jou? Hoe lees die boek van jou lewe? Watter soort leraar is jou lewe?

So baie getuigskrifte stroom by ons kantore in. Ons lees stories oor hulle wat met hoop vervul is ten spyte daarvan dat hulle werkloos is; wat vrede het ten spyte van fisieke siekte; wie met waagmoed wandel ten spyte van eindelose lyding. Hulle het almal die volgende in gemeen: Hulle bid.

GEBED, DIE GEMEENSKAPLIKE AANDUIER

Een so ‘n dienskneg is ‘n vrou van God wat ‘n uitmergelende beproewing deurgaan. Daagliks het sy die wanhopige taak om vir beide ‘n verstandelike gestremde seun en ‘n bejaarde skoonma met demensie te sorg. Hierdie vrou moet vir 24 uur per dag paraat wees, want die een van die ander twee mag moontlik wegloop of die huis afbrand. Sy vertel hoe moeg sy soms word en wonder of sy dit nóg ‘n dag sal kan volhou.

Waarop dit alles vir haar neerkom is eenvoudig: Sy bid. Die vrou weet om daagliks reguit na God se troon van vergifnis te gaan en genade te ontvang tydens haar tyd van beproewing.

MOEDIGE VERTROUE

Sulke leraars is lewende aanbevelingsbriewe. God se liefdesbriewe aan ‘n hopelose wȇreld. En hulle het so geword deurdat hulle heeltyd in verbinding was met die Here deur al hulle beproewinge en stryd. Hulle vertrou Jesus ten volle om hulle krag te vernuwe om te kan voortgaan en hulle vertrou op die Heilige Gees vir rigting en genade tydens hulle uur van nood.

Ek vra jou: Bedien jy ander deur jou eie voorbeeld? Ek noop jou om daagliks na die Here te gaan vir al die genade en krag wat jy nodig het. Hy roep jou om na vore te kom as een van Sy leraars!