GOD SE HERLAAI KNOPPIE

Gary Wilkerson

Ons het almal afleidings in die lewe, maar laat ons eerlik wees – mans is die ergste wanneer dit kom by sport. Ek bedoel nie sport speel nie – wat eintlik baie goed sou wees vir ‘n paar rusbanksitters – maar op datum bly met sportuitslae. Slimfone en die ESPN app het eens aandagtige mans verander in skermkykers. Al wat ‘n ou moet doen, is om stil die “herlaai” knoppie te druk en dosyne tellings word oombliklik opgedateer. Elke aandjie uit dra die risiko van voortdurende onder-die-tafel kykery.

Laat my nou die lof besing van die herlaai knoppie in God se koninkryk. Met een aanraking van sy ontsaglike genade, word al die ou dinge weggevee – en die lewe word heeltemal vernuwe. Daar is tye in ons lewens wanneer dit nodig is dat dit gebeur, en natuurlik is die enigste Een wat dit kan laat gebeur, Jesus. “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword” (2 Korinthiërs 5:17).

Net soos ‘n skerm app, verander niks in ons lewens nie – alles bly gevries, vasgesteek – totdat die herlaai knoppie gedruk word. Is jy vasgevang in patrone van ou maniere van leef, maniere wat jou daarvan weerhou om die varsheid van die lewe in Christus te beleef?

Jesus het die mag om alles te verander! En net soos die vrou wat genees is deur Sy kleed aan te raak, kan jy genees en verkwik word met net een aanraking van Hom