GOD SE HEERLIKHEID WORD GEOPENBAAR IN MOEILIKE TYE

Gary Wilkerson

God se seën volg jou! Dit is nie net ‘n frase om jou te bemoedig nie, dit is ‘n feit gebaseer op verskeie gedeeltes van die Skrif. Baie min mense in die kerk lewe asof dit waar is. Jy mag dalk huweliksprobleme hê en wonder of die spanning met jou huweliksmaat ooit sal verander. Of jy mag dalk aan depressie lei en wonder of dit ooit sal verdwyn sodat jy die seën van God weer sal ervaar. Miskien het jy ‘n verlore kind en jy wonder of hy ooit tot bekering sal kom. Of miskien het jy ‘n suster wat ‘n dwelmverslaafde is en jy wonder of sy ooit verlos sal word van haar verslawing na jare van oorgee aan haar gewoonte.

Ek kan jou waarborg dat geen Christen ooit gedink het dat hulle tye soos hierdie sou beleef nie. Niemand het ooit gedink dat hulle swaarkry sou verduur, wat die vertroosting wat hulle van God voel, sou oorweldig nie. Tog sê Petrus vir ons dat ons nie moet dink dat sulke beproewings ongewoon is nie: “Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie; maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel” (1 Petrus 4:12-13).

As jy te midde van ‘n pynlike seisoen in jou lewe is, het ek ‘n onfeilbare boodskap vir jou: Hou vas! Die Here is nie klaar met jou nie. Jy mag dalk dink jy is alleen in jou penarie, maar God die hele tyd is God besig om vir jou seëninge op te gaar waarvan jy nooit eens gedroom het nie. Soos Petrus dit stel, sy heerlikheid sal geopenbaar word deur jou beproewing.