GOD SE HEERLIKHEID SIEN

David Wilkerson (1931-2011)

Slegs een ding kan ons aan die gang hou in die komende moeilike tye en dit is ‘n begrip van God se heerlikheid. Deur dit te begryp, sluit ons die deur oop na ‘n oorwinnende lewe!

Die heerlikheid van God is ‘n openbaring van ons Here se natuur en wese. In die Ou Testament, het Moses ‘n letterlike kykie na God se heerlikheid gekry. “En toe die Here by hom verbygaan, het Hy geroep: Here, Here, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou; wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe” (Exodus 34:6-7).

Hierdie Skrifgedeelte is absoluut noodsaaklik vir ons begrip van wie ons Here is. Dikwels as ons dink aan die heerlikheid van God, dink ons aan sy majesteit en heerlikheid, sy krag en heerskappy, of een of ander manifestasie in sy mense, soos ‘n uitbundige aanbidding. Sulke dinge kan ‘n gevolg wees van die sien van God se heerlikheid, maar dit is nie die heerlikheid waardeur Hy wil hê ons moet Hom ken nie. Hy wil hê ons moet sy heerlikheid ken deur die openbaring van sy groot liefde teenoor die mensdom. En dit is presies wat Hy aan Moses geopenbaar het.

Die openbaring van God se heerlikheid beïnvloed diegene kragtig wat dit ontvang en bid vir begrip daarvan het. Tot op hierdie stadium, het Moses die Here gesien as ‘n God van wet en toorn en hy het gebewe in die Here se teenwoordigheid. Maar hierdie nuwe beeld van God se heerlikheid het Moses gedring om sonder vrees te aanbid. Hy het gesien dat God  liefde was en sy natuur een van goedhartigheid en innige barmhartigheid was!

Om hoe-om seminare by te woon, te luister na beroemde sprekers, of om selfverbeteringsboeke of boodskappe in te neem, is goed, maar die enigste blywende verandering kom deur ‘n eerstehandse openbaring van God se heerlikheid te hê. Dit beïnvloed ons voorkoms en gedrag en maak ons meer soos Hom. Hoe wonderlik om te weet dat God reeds daardie openbaring van Homself in Exodus 34 gegee het en dat dit vir ons is!