GOD SE GENADE OM TE BEMAGTIG

Gary Wilkerson

“In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade, wat Hy oorvloedig aan ons bewys het in alle wysheid en verstand” (Efésiërs 1:7-8).

Ons in die kerk het nog nie eens die oppervlak van genade aangeraak het nie. Ons neem slegs klein slukkies van die genadebeker in ons wandel met God en daarna begin ons geleidelik meer op ons eie vermoëns staatmaak.

As Jesus sê ons moet weergebore word, geloof hê, bid, sy aangesig soek, ons naaste liefhê, is al Sy bevele ja en amen. Ons word verplig om te doen wat die Here ons vra om te doen, en nie om ons gebiede van gehoorsaamheid uit te kies nie.

Sommige kerke verkies egter sekere gebiede van gehoorsaamheid bo ander. Hulle beklemtoon evangelisasie, of sosiale geregtigheid, of politiese aktivisme, of om die armes te bedien, of gebed. Maar geen kerk behaag God as dit op een silinder ry in plaas van op agt nie. Enige mens of kerk wat God se bevele nie gehoorsaam nie, leef in ongehoorsaamheid! Hy sal eenvoudig nie toelaat dat ons sekere van Sy bevele ignoreer nie.

Volmaakte gehoorsaamheid is egter nie moontlik nie; dit is nie binne die gebied van ons vermoë nie. Die rede waarom ons geneig is om sekere gebiede van gehoorsaamheid te kies, is omdat dit makliker is om te vervul as ander.

Om ‘n lewe van vreugde en oorwinning te hê, hang nie af van die vraag of ons daarin slaag of misluk om God se gebooie te gehoorsaam nie; dit het alles te doen met wat ons doen om God se gebooie te gehoorsaam. Toe ek jonk was, het een van my jeugleiers vir my gesê, “Jy kan jouself verander sodat versoekinge nie terugkom nie. Jy is in staat om jouself uit enigiets uit te haal.” Regtig? Dit neem nie lank om te sien hoe nutteloos dít werklik is nie.

Ons kan nie veranderinge in onsself teweegbring nie. Ons moet toelaat dat God se genade ons bemagtig om transformasie te bring – in onsself en in ons wêreld.