GOD SE GEESTELIKE SOLDATE

David Wilkerson

In elke eeu, het God voorbidders op die voorste linies van die geveg geplaas om oorlog te voer teen Satan se owerhede en magte. Vandag kan hierdie geestelike krygsmanne in elke land gevind word – en daar is ‘n rede waarom hulle “gebedskrygers” genoem word. Baie voorbidders wat aan ons bediening skryf, beskryf die hewige geestelike oorlogvoering in hulle eie lewens.

‘n Voorbidder van 91-jaar het die volgende geskryf: “Na ek die Here [vir so lank al dien], voel ek uitgebrand deur alles wat teen my kom. My liggaam is swak na jare van lyding maar steeds ek het al die bekommernisse en beproewings van ander gedurig voor my . . . . Vandat ek 4 jaar oud was, het ek ander liefgehad en vir hulle gebid. Ek was ‘n voorbidder gedurende al hierdie jare...Ek neem die grond terug wat Satan van my probeer wegneem deur in die Gees te bid en ek kry nuwe krag.”

Vir ‘n hele leeftyd, het hierdie gelowige Judas se vermaning ernstig opgeneem: “Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in julle allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid en julleself in die liefde van God bewaar” (Judas 20-21). Die boodskap aan diegene in die geestelike oorlog is duidelik: “Bou jouself op in die geloof. Bewaar jouself in God se liefde.”Let op dat Judas sy woorde gekwalifiseer het met ‘n vermaning om in die Heilige Gees te bid.

Dit is heeltemal onmoontlik om onsself in geloof op te bou deur menslike krag of vermoë. Sonder die Heilge Gees, is ons eenvoudig nie in staat om onsself in die wete en versekering van God se liefde vir ons te bewaar nie. Ons is nie sterk genoeg teen die magte van die duisternis nie! Ons kan nie eers die skild van geloof opneem, om die hel se vurige pyle te blus deur ons gedagtes daarop te fokus nie. Ons het God se Gees nodig om ons die krag te gee in alle dinge.