GOD SE AARDSE SEËNINGE

Gary Wilkerson

Moses het geweet hoe belangrik God se seëninge vir Israel was. Sy bonatuurlike werke het hulle lewens gered – manna uit die hemel toe hulle van die honger wou omkom en water uit ‘n rots toe hulle liggame ver bokant hul limiete uitgedroog was.

Maar Moses het besef dat die doel van hierdie belewenisse, wat verder gestrek het as die bonatuurlike voorsiening, was om die deernisvolle, liefdevolle God, wat dit aan hulle gegee het te ken en te vertrou. Die volgende stelling van Moses kom dus as geen verassing nie:

“Maak my dan tog u weë bekend, dat ek U kan ken; sodat ek genade in u oë kan vind” (Exodus 33:13).

Moses het geweet dat God se guns uiteindelik nie gevind was in die seëninge wat Hy voorsien het nie – dit was daarin gevind om die Here self te ken.

DEUR ‘N HERDER SE OË

Ek dank God vir al sy aardse seëninge. As ’n herder, kry ek die kans om Sy wonderlike werk heeltyd in mense se lewens te sien. Hy herstel huwelike wat opgebreek het. Hy voorsien vir diegene wat finansieel sukkel. Hy bring genesing vir siek mense se liggame.

Terwyl ek hier skryf, dink ek aan ‘n klein seuntjie genaamd, Isajah, wat na verwagting net vir tien dae na sy geboorte sou leef. Nadat hy die eerste jaar oorleef het, het dokters gesê hy sou nooit loop nie. Onlangs het sy ma vir my ‘n video gestuur van klein Isajah wat dans met ‘n klein meisietjie by ‘n troue.

GOD SE LEWENDGEWENDE ASEM

Sulke dinge praat van God se onbeperkte guns – Sy vermoë om lewe in enige wildernis in te blaas. Ons almal beleef Sy guns op maniere te groot om te meet: ons verhoudings, ons gesondheid, ons werk, ons skool. Wanneer ons sukkel op enige gebied van ons lewens, of ons omstandighede word te moeilik, onderhou Hy ons met Sy gerusstellende teenwoordigheid. God het dinge in ons lewens gedoen wat ons nooit gedink het sou kon gebeur nie. Sy onbeperkte guns ken geen perke nie.