GOD SAL JOU NOOIT PRYSGEE NIE

David Wilkerson

God beskryf Homself of hierdie manier, “En Ek self het Efraim [Israel] leer loop. Hy het hulle op sy arms geneem, maar hulle het nie erken dat Ek hulle genees het nie” (Hoséa 11:3).

In die oorspronklike taal, lees hierdie vers: “Ek het na hulle gekom in hulle wanhoop en hulle liefderyk verpleeg in vuil, wilde plekke. Ek het hulle in My arms gehou soos ‘n verpleër!” Maar vers 7 lees, “Want my volk dwing om van my afvallig te word.” Die woord hier vir dwing beteken, “in die onsekerheid hang, in twyfel hang.”

Israel was nie seker van die Here se liefde en teerheid nie en God het vir Hoséa gesê, “My volk twyfel in My liefde vir hulle, want hulle ken My nie regtig nie.”

Dit was waar! Israel kon nie glo dat God hulle steeds liefgehad het nie. Hulle was afgodedienaars, afvalliges en twyfelaars wat waarskynlik gedink het, “Ons het God se misnoeë self oor ons gebring deur opsetlik te sondig en Hy sal ons sekerlik oordeel.” Maar God het gesê, “Hoe kan Ek jou prysgee? My hart is omgekeer in My en My medelye word opgewek” (sien verse 8).

Tans mag jy moontlik deur diep waters gaan. Ek bedoel nie noodwendig beproewings of versoekings nie, maar oorweldigende gebeure wat jy nie verstaan nie. Alle soorte winde en golwe is besig om jou toe te stroom, dinge ver bokant jou begrip, en Hy wil jou deur dit alles dra en jou herstel tot geestelike welstand. As al wat jy op hierdie oomblik kan glo, is dat Hy jou liefhet ten spyte van jou hardnekkige weë – is dit genoeg!

Luister na Sy woord van vetroosting en genesing vir jou: “Want Ek sal nie vir ewig twis en nie vir altyd toornig wees nie, want die gees sou voor my aangesig versmag en die siele wat Ek self gemaak het” (Jesaja 57:16). Die Here het in wese gesê, “As al wat jy in My sien woede was, sou jou gees versmag het; dit sou te oorweldigend wees. “Nee, Hy gaan verder om te sê, “Ek het hulle weë gesien, en Ek sal hulle genees; en Ek sal hulle lei en aan hulle weer vertroosting skenk” (vers 18).

Dit is die woorde van ‘n God wat nooit sy volk sal prysgee nie!