GOD PRAAT MET DIEGENE WAT LUISTER

Jim Cymbala

Toe die profeet Samuel ‘n jong seun was, het hy gedink hy hoor sy leermeester Eli sy naam roep in die middel van die nag. Dit was eintlik die stem van die Here, maar Samuel het steeds nie geweet hoe om die Here se stem te onderskei nie. Nadat Samuel drie keer vir Eli gevra het, het Eli vir Samuel opdrag gegee om te antwoord, “Spreek, HERE, want u kneg hoor” (1 Samuel 3:9). Later het die hele Israel rondom Samuel saamgedrom om die woord van die Here te hoor wat hy ontvang het deur gemeenskap met God.

Dit was deur gemeenskap met God wat Moses die Tien Gebooie en die bouplanne vir die tabernakel ontvang het. Later, deur te luister, het Dawid instruksies gekry oor hoe om die tempel te bou wat sy seun Salomo sou oprig. God praat met diegene wat luister.

In die Nuwe Testament tyd, het ‘n eenvoudige gelowige genaamd Ananías, Christus se instruksies ontvang om na die pas bekeerde Saulus van Tarsus te gaan en hom te bedien (sien Handelinge 9:10-18). Hy was nie ‘n profeet nie, maar hy het van God ‘n boodskap gehoor, nie van ‘n nuwe leerstelling nie, maar van persoonlike leiding. Waarom sou die Heilige Gees nie steeds die Christen gelowige wil lei vandag nie?

Soos ons tyd deurbring om na God te luister, kan ons geleer word wat om te sê en die woorde vir daardie dag gegee word. Soms sal ons ‘n algemene gevoel gegee word vir ‘n gedeelte van die Skrif wat ons harte voorberei vir die dinge wat ons binnekort sal konfronteer. Ander tye, kan God moontlik vir ons ‘n spesifieke vers gee, ‘n stukkie wysheid, of ‘n boodskap van bemoediging wat ons kan oordra aan iemand wat ons tydens die dag onmoet. Maar die luisterende oor en vaardige tong kom slegs van tye van gemeenskap met die Here. En onthou, hierdie gevalle van leiding kom terwyl ons luister, nie wanneer ons praat nie.

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in ‘n klein bouvallige gebou in ‘n ongure deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is ‘n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.