GOD NAJAAG

Gary Wilkerson

Selfs nadat die Here hulle magtiglik geseën het, het die Israeliete hulle na afgode gewend. Terwyl Moses met God gekommunikeer het in die berge, het die mense hulle juweliersware gesmelt en ‘n goue beeld van ‘n kalf gemaak. Vandag kan ons nie regtig onsself met hierdie soort ding vereenselwig nie. Maar die gevolg is dit: As jy God se seëninge najaag sonder om God self te soek, sal jy op die ou einde in afgodery beland – omdat die fokus van jou strewe iets aards is. Soos Paulus sê:

 “Hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid” (Romeine 1:25).

WAT IS ONS AFGODE?

Ons kan dankbaar wees dat die meeste van ons nie hoef te pleit vir water of brood nie. Ons kan net die kraan oopdraai of na die kruidenierswinkel toe gaan. Maar ons het goue kalwers van ons eie, dinge wat ons buite en behalwe God soek: sukses in ons werk, finansiële sekuriteit, materiële gemak. Daardie dinge is nie slegte dinge nie – maar as dit die fokus van ons lewe se strewe word – dan het ons ‘n afgod gemaak. En God sal vir ons sê, “Gaan voort, jaag dit na. Geniet dit. Maar dáár sal julle My teenwoordig nie vind nie.”

Ek hou van Moses se reaksie: “God, maak my liewer dood in die woestyn as wat U my stuur na een of ander plek waar U nie is nie.”

Ek bid dat dit ook die kerk se uitroep sal word: “Here, my lewe is so geseënd dat ek myself laat dwaal. My oë was op u onbeperkte guns, die seëninge wat U gee. Ek wil iets anders hê. Laat my lewe gekenmerk word deur u hoogste guns – om U te ken vir wie U is.”

IS GOD GENOEG?

Ek wil vir jou vra: Is God vir jou genoeg? Stel dit jou tevrede om Hom te ken? Of is daar enigiets wat jou daarvan weerhou, ‘n afgod wat jy voor Hom geplaas het? Sy eerste gebod is, “Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie” (Exodus 20:3).