IS GOD KWAAD VIR JOU?

David Wilkerson

“Want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem. As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie?” (Hebreërs 12:6,7).

Jy is nooit méér geliefd as wanneer jy getugtig of tereggewys word deur die Here nie. Die hele proses van tugtiging het in werklikheid alles te doen met God se begeerte na jou. Dit is alles bedoel om jou dieper te neem in die kennis en heerlikheid van Homself. En onthou, God tugtig nooit Sy kinders in woede nie.

Moet egter nie ‘n fout maak nie: Die Bybel noem tye van kastyding droefheid. Dit is geensins vreugdevol nie. “Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ‘n saak van blydskap is nie, maar van droefheid” (12:11). Nietemin, ons word vertel, “Later lewer dit egter ‘n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is” (dieselfde vers).

Oor die jare, moes ek baie van Satan se pyle en leuens blus. Maar vandag verkondig ek met sekerheid, “God is nie vir my kwaad nie. En, dierbare volgeling van Jesus, Hy is ook nie vir jou kwaad nie. Daarom, doof alles uit waar die duiwel jou ook al wil oortuig van die teendeel”

Dit is die oorwinning van die kruis: Vrede met God en die ware vrede van God.