GOD KOM DEUR TE MIDDE VAN CHAOS

David Wilkerson (1931-2011)

Dawid was ‘n man van groot geloof en het ontwikkel in ‘n goddelike, wyse, geliefde koning. “En Dawid was voorspoedig in al sy weë, want die HERE was met hom” (1 Samuel 18:14). Hy was ‘n man van baie gebed, het die Here geprys soos min mense al ooit het en die hart van God geseën met sy liedere. Niemand kon meer intiem gewees het met die Here as Dawid nie.

Ons is lief daarvoor om van Dawid se talle heldedade te lees (leeus en bere verslaan en uitiendelik die magtige reus Goliat). God se Gees was op hierdie man en die Here het duidelik ‘n groot plan vir sy lewe gehad. Maar toe het Koning Saul Dawid woedend agtervolg en Dawid het gevlug vir sy lewe en in grotte weggekruip tot hy eenvoudig moeg geword het vir die stryd. Hy was gedaan en hy moes gedink het, “Ek is so moeg hiervoor! As ek so spesiaal is vir die Here, uitverkore vir hierdie uur, waarom is ek dan so diep in die moeilikheid?”

In sy tyd van wanhoop, het Dawid gevlug na ‘n plek genaamd Gat, die einste tuisdorp van die reus Goliat, wat hy verslaan het. Dawid het nie die Here hieroor gesoek nie; hy het bloot impulsief gevlug. Soekend na skuiling, het Dawid sy hande in die lewe van Koning Agis van Gat geplaas – en hy het verstrik geraak in sy eie dwaasheid.

Selfs al was Dawid ontrou op daardie oomblik, was God steeds getrou en sy plan vir Dawid was steeds in plek. God het hom nie afgeskryf nie; trouens, Hy het alles in plek gestel om Dawid se seëning te verseker. “Ek het Dawid as koning gesalf – en hy sál koning wees! Hy het ‘n verslae hart en my plan vir hom is steeds op skedule.”

Miskien het jy, soos Dawid, deur een of ander sinnelose periode in jou lewe gegaan. Te midde van die chaos, het jy volgens die vlees opgetree en voor God uitgehardloop. Indien wel, moenie wanhopig word nie! Jy het dalk van koers af gegaan, maar God se plan is steeds in plek. Jou Vader bly getrou.