GOD HOU SY WOORD

David Wilkerson

“Die Here ondersteun die regverdiges...Hulle sal nie beskaamd staan in die slegte tyd [die tyd van teenspoed] nie” (Psalm 37:17,19, my beklemtoning).

Jy mag vra, “Wat beteken dit presies?” Dit beteken eenvoudig dit: God is getrou, nie net in sy vergelding met rampe nie, maar ook in Sy beloftes. Dawid sê in wese, “Kyk rondom jou en sien hoe God Sy Woord hou. Sy waarskuwings word nou gemanifesteer in ons hoofberigte en Sy dade oral in ons media. Sal ons God nie ook Sy Woord hou om sy uitverkorenes te beskerm nie?”

SKRIKWEKKENDE NUUS

Dink daaraan: Dit maak nie saak wat in die wêreld gebeur nie – dit maak nie saak hoe skrikwekkend die nuus word nie; hoe erg die wêreld geskud word nie; hoe naby ekonomieë in duie wil stort nie – God se mense sal nie beskaam word nie. Die Here sal inderdaad deur ons geloof optree om Sy Woord aan ons te vervul. Ons mag ly, maar Hy sal deurkom vir almal wat Hom ten volle vertrou. Die wêreld sal nooit in staat wees om te kan sê, “Jou God het nie Sy Woord gehou nie.”

GETUIENISSE AAN ‘N GEVOELLOSE WÊRELD

Moenie ‘n fout maak nie, ons gaan onmoontlikhede beleef in die dae wat voorlê. Maar ons Here sê Hy is God van die onmoontlike en beskik wonderwerke waar daar geen menslike antwoord is nie. Hy plaas in werklikheid gewillig Sy reputasie in die hande van Sy mense en roep ons om Hom te verbind tot Sy Woord. Jy mag dink, “Maar God kan Sy eie Naam verdedig. Hy het my nie nodig nie.” Dit is nie so nie! God het Sy mense uitverkies om Sy getuienis te wees vir ‘n afgestompte, gevoellose wêreld. En Hy roep ons om Hom openlik uit te daag om te doen wat Hy beloof.