GOD HET REEDS GEPRAAT

Carter Conlon

Daar is baie redes waarom God stil is, maar ek gaan raak aan iets wat Hy onlangs op my hart gedruk het. Soms mag Hy stil wees bloot omdat Hy reeds met jou gepraat het! As jy daaraan dink, hoe kan jy God beskuldig dat Hy stil is as Hy jou ses-en-sestig briewe en duisende verse nagelaat het? Daar is geen rede vir Hom om Homself te herhaal nie. Is jy nie bly die boek Génesis sê nie, “God het gesê, ‘Laat daar lig wees. Laat daar lig wees’” nie?

As ek en jy op daardie eerste dag daar was toe God gesê het, “Laat daar lig wees,” sou ons gedans en gejubel het van 6 uur in die oggend tot 6 uur in die aand.

Maar skielik, wanneer dit donker word, begin ons paniekerig word. “O, nee, ek het geweet dit sou nie hou nie! Ek het geweet die lig sou weggaan. Miskien het ons iets verkeerd gedoen. Miskien het ons nie die Woord genoeg gelees nie.”

Die lig verdof, en ons spandeer die volgende twaalf jaar in droefheid – tot die lig weer verskyn, en ons besef dat toe God gesê het, “Laat daar lig wees,” Hy nie bedoel het dat daar nie nag sou wees nie; dat daar nie seisoene sal wees wanneer ons nie kan sien nie. Hy het nie bedoel dat ons altyd in staat sou wees om alles te verstaan wat in die hemelse realm aangaan nie. Nietemin, die lig verskyn egter altyd weer, en ons sien dit wat God gespreek het, voortgaan om vervul te word sonder dat Hy weer hoef te praat.

Een rede waarom God stil kan wees, is omdat daar ‘n vasgestelde tyd is vir sy Woord om vervul te word. Een voorbeeld hiervan in die Bybel is Josef, wat die ontsaglike belofte gegee is dat hy eendag sou heers. Hy sou ‘n man wees deur wie groot voorsiening ontsluit sou word. Daar was egter ‘n vasgestelde tyd vir die vervulling van die belofte en hy moes God se plan volg.

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.