GOD HET NOG NOOIT SY MENSE GEFAAL NIE

Carter Conlon

Volgens die boek Handelinge, behoort elkeen van ons te “onthou die vorige dae waarin julle, toe julle verlig geword het, ‘n groot lydensworsteling deurstaan het” (Hebreërs 10:32). Herinner jouself hoe getrou God was – Hy het jou deur al jou vorige stryd en beproewings gedra. Toe jy aanvanklik tot Christus gekom het, het jou hele familie dalk gedink jy is mal; jou vorige vriende wou nie meer saam met jou kuier nie. Mense sou jou beskuldig in die werkplek bloot omdat jy gekies het om te doen wat reg was. En nou, weereens, byt jy die spit af van beskuldigings van alle kante af. Dit is waarom dit belangrik is om te onthou hoe God jou kragtig gesteun het en jou deurgedra het in die verlede. Hy het jou nie gefaal nie, het Hy? Net so sal Hy jou ook nie faal in die dae wat kom nie.

Die skrywer van Hebreërs sê, “Want julle het ook saam met my gevoel in my boeie, en julle het die berowing van julle goed met blydskap aanvaar” (Hebrews 10:34). Baie van hierdie gelowiges het nog nie persoonlik gely nie, maar hulle was bewus daarvan dat ander voor hulle gely het. Waar dit sê dat hulle “die berowing van hulle goed aanvaar het,” beteken dit hulle het hulle eie planne en drome laat vaar – al hulle idee’s oor hoe hulle lewens moes uitwerk. In plaas daarvan, was hulle gewillig om die plan van God vir hulle lewens te omhels, met die wete dit sou waarskynlik ‘n mate van lyding behels.

Die vers gaan verder en sê, “omdat julle geweet het dat jul in julself ‘n beter en blywende besitting in die hemel het” (10:34). Dit is in wese ‘n ander manier om gereed te wees vir ‘n tyd van lyding. Dit maak nie saak waardeur ons gaan nie, dit sal op die ou einde die moeite werd wees. Onthou, ons stry vir iets ewigs – nie net vir onsself nie, maar vir ander. Ons stry sodat ons iets sal hê om vir die nageslag na ons na te laat.

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.