GOD HET ‘N WELGEVALLE IN SY KINDERS

David Wilkerson (1931-2011)

Hier is ‘n kragtige wapen vir elke volgeling van Jesus: Roep! Roep uit met jou hele hart soos Dawid gedoen het (sien Psalm 34:7). Gaan na die Here en bely al jou sonde en beroep jou op sy goedertierenheid en sê, “Here, ek weet dat U my liefhet en gereed is om my te vergewe. Ek bekeer my nou, op hierdie oomblik.”

Op die oomblik wat jy dit doen, is jy reg met God. Dit is nutteloos om te dink dat jy enigiets vir jou sonde kan betaal. God het jou so lief dat Hy sy Seun, Jesus, wat alles reeds betaal het, gegee het. Ons genadige, liefdevolle Voorspraak begeer om te help en jou te verlos: “My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het ‘n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige” (1 Johannes 2:1).

Ek het eenkeer langs my jong kleindogter, Tiffany, gestap het terwyl sy op ‘n lae sementmuur geloop het. Ek het haar van agter vasgehou om te keer dat sy val, maar sy het probeer om my hand weg te klap. Uiteindelik het ek haar laat los en sy het omgeval, maar darem sonder dat sy seergekry het. Toe sy val, het ek haar natuurlik nie verlaat nie. Ek het nie gesê, “Kyk wat jy nou gedoen het. Jy is nie meer myne nie!” Geen liefdevolle grootouer sal dit doen nie.

Die Here het my deur daardie ervaring die volgende gewys, “David, jy het jouself toegelaat om so lief te wees vir hierdie kind. Maar soms laat jy My nie toe om jou op dieselfde manier lief te hê nie. Jy bars van trots oor jou kinders, maar soms laat jy my nie toe om trots op jou te wees nie.”

Ek gehoor hoe die Here ‘n liefdevolle woord tot my hart spreek. Hy het gesê, “Seun, jy seën my. Jy seën my hart!” Niemand het in my lewe al ooit iets beters vir my gesê nie. En ek het geweet dat daardie spesifieke woord waar is. Die Bybel sê dat God ‘n welgevalle in sy kinders het (Psalm 147:11).