GOD IS GETROU AAN SY KINDERS

David Wilkerson

Ons moet ten volle bewus wees van die vyand se liste en metodes. Die kragtigste wapen in Satan se arsenaal is ‘n verskriklike leuen – van die meesterleuenaar! Wat is sy grootste leuen? Dat God nie getrou is aan Sy kinders nie.

Net soos hy dwarsdeur die geskiedenis gedoen het, wil Satan ons huise, ons huwelike, ons kinders, ons gesondheid, ons werke en loopbane, ons geloof in die Here aanval. Jesus het vir Petrus gesê, “Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif” (Lukas 22:31).

Jy mag dalk wonder, “Presies hoe sleg kan dit gaan met ‘n gelowige? Wat laat God toe wanneer Hy toestemming gee dat ons gesif word?” Ek verwys jou na Hebreërs 11 waar ons van die menigtes van beproewings lees wat gely is deur martelare en helde van die geloof. Die Skrif sê hulle het “deur die geloof getuienis ontvang” (sien 11:39).

Dieselfde soort lyding en swaarkry wat die vroeë gelowiges gely het, gebeur met gelowiges dwarsdeur die wêreld vandag. Christene in die Midde Ooste word ernstig bedreig vir hulle geloof en baie moes vlug vir hulle lewens en hulle huise, werke en kerke verlaat. Baie is vermoor – en diegene wat oorgebly het, bedien die evangelie in vreemde lande waarheen hulle deur oorloë verban is. Dwarsdeur dit alles, het hulle uitgevind dat God getrou is aan Sy kinders.