GOD GEE TERUG WAT SATAN STEEL

Gary Wilkerson

In ons begeerte na God se guns, moet ons nooit vergeet nie dat Satan die heeltyd van ons probeer steel. Trouens, die vyand van ons siele val die ergste aan wanneer ons beproewings beleef. Maar die Bybel sê vir ons op talle maniere dat God teruggee wat Satan steel – en nie net dit nie, Hy vermenigvuldig dit.

In die Ou Testament, as ‘n dief gevang was dat hy iets steel, moes hy dit sewevoudig teruggee. Dit is die beeld van God se geregtigheid. Maar in die Nuwe Testament, belowe God om selfs meer te doen as dit. In verskeie gedeeltes, sê Hy, Hy sal dit wat van ons geneem is, dertigvoudig of selfs ‘n honderdvoudig teruggee. Dit strek verder as geregtigheid; dit dui op sy oorvloedige genade.

In ons ergste beproewings, wanneer alles van kwaad tot erger gaan, is dit moeilik om te dink dat iets wonderliks ooit weer sal gebeur. Daar is so ‘n groot verskil tussen dit wat ons van ons liefdevolle God weet en die werklike omstandighede wat ons beleef. Maar die probleem is dat ons God nie aan die werk sien nie. En tog sê die Bybel vir ons dat óns gedagtes nie kan peil wat God vir ons voorberei het nie. “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet” (1 Korinthiërs 2:9).

Baie Christene wonder of God ooit hulle gebede sal verhoor – om ‘n lewelose huwelik te herstel, om ‘n verlore kind terug te kry, om ‘n verslaafde sib te red, om ‘n verlore ouer te red. Trouens, soms raak dinge erger ná gebed in plaas van beter. Hulle sê vir hulleself, “In die verlede het Jesus wonderwerke in my lewe verrig, maar nou lyk dit of Hy afwesig is. Waarom moet ek aanhou glo vir ‘n antwoord?”

Ek wil vir elke sukkelende Christen sê, “Hou vas! Die Here is nie onaktief in jou beproewings nie. Hy is eintlik besig om vir jou groot seëninge op te gaar.” Omdat jy sy kind is, is sy guns nie van jou af weggeneem nie – selfs nie tydens jou lyding en probleme nie.