GOD GEE KRAG VIR DIE SWAKKES

David Wilkerson (1931-2011)

“Na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het” (Romeine 12:3). Alle gelowiges is ‘n deel of mate van geloof gegee en daardie deel moet opgebou word tot ‘n onwrikbare, onwankelbare geloof. Hoe gebeur dit? Soos geloof toeneen, word dit versterk op slegs een manier: deur God se Woord te hoor en te vertrou.

Die Here sou nooit vir ons vra om iets te doen wat onmoontlik is nie. Dit is moontlik vir ons om onsself op te wek om te vra, “Waarom is ek so bang? Waarom is ek op hierdie wipwaentjie van op-en-af wanhopigheid? Waarom veroorsaak die toekoms angs in my siel?” Dit is omdat ons nie ons lewens, ons families, ons gesondheid, ons werk, ons huise ten volle in God se hande oorgegee het nie. Ons maak nie die sprong van geloof wat besluit, “My Here is waaragtig en getrou. Hoewel ek Hom telke male teleurgestel het, Hy het my nooit teleurgestel nie. Kom wat wil, ek werp my lewe en toekoms in sy sorg.”

Hoe moet ons dit doen? Deur die woord wat Hy vir ons gegee het aan te gryp. Tans is die wêreld in groot onrus en God het vir ons gesê, “My Woord is in jou en jy word beskerm onder die skadu van my hand. Jy is my kind.” “Ek het die Here altyddeur voor My gesien, want Hy is aan my regterhand, dat Ek nie sou wankel nie. Daarom is my hart bly en my tong juig, ja, ook sal my vlees nog rus in hoop” (Handelinge 2:25-26).

Ek dring by jou aan om hierdie kragtige woord van Jesaja jou eie te maak: “Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie... maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie” (Jesaja 40:29-31).

God slaap nooit nie en sy arm is altyd uitgestrek om jou, sy geliefde kind se onthalwe.