GOD DINK AAN JOU

David Wilkerson

Ek het ‘n kort Boodskap vir hulle wat ‘n pynlike en oorweldigende situasie beleef. Ek praat nie met hulle wat tans ‘n tydperk van rus van lyding beleef, of wat nie in pyn of verdriet verkeer nie. Dank God vir daardie tye van stille rus.

Liewer, ek ontvang menigte briewe van kosbare volgelinge van Jesus wat ongelooflike innerlike smart en krisis situasies beleef: egskeiding, kinders op dwelms of in die tronk, die dood van ‘n eggenoot. ‘n Vrou wat intens lief is vir die Here treur oor die dood van haar kinders, wat in ‘n vuur versmoor het. ‘n Pastoor treur oor sy vrou wat hom en hulle kinders verlaat het vir ‘n lesbiese minnares.

Ek het ‘n Boodskap vir julle goddelike mense wat ly. In Psalm 40 sê Dawid, “Want ramp op ramp het my oorval, my ongeregtighede het my ingehaal . . . Here, red my tog asseblief! Here, kom my tog gou te hulp!” (Psalm 40:13-14). “Laat almal wat by U hulp soek, jubel en bly wees oor U . . .  Ek is hulpeloos en arm, maar die Here dink aan my. U is my hulp en my redder; my God, moet tog nie talm nie!”  (40:17-18).

Ek was so geseën en getroos deur hierdie een lyntjie in vers 17: “Die Here dink aan my.” Dink daaraan! Die Here wat alles geskep het, die God van die heelal, dink aan my. Selfs nou, in jou tyd van nood, gaan sy gedagtes oor jou.

Toe Israel gevange was in Babel en getreur het oor die verlies van wonings en families, het God ‘n boodskap aan hulle gestuur deur Jeremia: “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting” (Jerimia 29:11). God sê aan Sy mense, “Jou nagmerrie gaan eindig. Ek het net goeie, liefdevolle gedagtes teenoor julle, en as julle My soek met julle hele hart, dan sal julle My vind.”

Stort jou hart uit teenoor die Here. Hy dink aan jou!