GOD BLY GETROU

David Wilkerson (1931-2011)

Veronderstel een van jou kinders was beseer en het om hulp geskreeu. As sy ouer, sou jy hom dadelik te hulp storm, of sou jy stop om sy kwaliteit van vertroue in jou te analiseer? Jy sou natuurlik tot sy hulp gekom het sonder aarseling, gemotiveer deur liefde en besorgdheid.

Watter soort aardse vader sou ‘n bloeiende en beseerde kind los bloot omdat die kind nie ‘n bietjie geloof in Hom geuiter het nie? En dieselfde kan gesê word van ons hemelse Vader. Hy sal nooit sy kinders alleen laat ly of sy ore vir hulle toestop net omdat hulle geloof in Hom moontlik swak is nie.

“As ons ontrou is, Hy bly getrou; Hy kan Homself nie verloën nie” (2 Timótheüs 2:13).

My geloof, jou geloof, alle geloof moet rus op die goedheid en besorgdheid van ons hemelse Vader; ons word beveel om ons te verlustig in sy liefde en ewigdurende goedheid.

“Maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem dat hy verstaan en My ken, dat Ek die HERE is wat goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde doen; want in dié dinge het Ek ‘n behae” (Jeremia 9:24).

God het sy kinders so lief, dat Hy hoor voor hulle roep. Dit is waarom Dawid gebid het, “Hoor my stem na u goedertierenheid; o HERE, maak my lewend volgens u verordeninge” (Psalm 119:149).

Soveel Christene sukkel om die groot liefde wat God vir hulle het te verstaan. Hy het jou lief en kom tot jou redding selfs wanneer jou geloof swak is, wanneer jy geen antwoord van Hom verdien nie – alles weens sy teerheid en deernis.

“Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid” (Psalm 103:8).

Groot vrede sal in jou lewe instroom wanneer jy oortuig word dat God jou hartlik liefhet. Hy sal jou red en inspraak maak in elke situasie in jou lewe. Swak geloof of nie, niks kan sy suiwer liefde vir jou verhinder nie!