GOD BELOON DIE WAT OP HOM VERTROU

David Wilkerson

Toe ek begin werk het aan hierdie boodskap, het die, “The Wall Street Journal” berig dat die wȇreld onder ‘n groot wolk van vrees gekom het. Oombliklik het my gedagtes gegaan na diegene wat Time Square Kerk bywoon. Hulle toon geen soorgelyke vrees nie. In plaas daarvan, terwyl ons almal nugter is omtrent die tye, het ons ook ‘n diep blywende vreugde.

Ek is gelei na Psalm 37, deur Dawid geskryf:

“Die Here sorg vir die lewe van die opregtes, en wat hulle besit, sal hulle behou so lank hulle lewe. In tyd van nood sal hulle nie verleë staan nie, in tyd van gebrek sal hulle genoeg hê” (Psalm 37: 18-19, my beklemtoning).

Psalm 37 sê vir ons dat die Here optree teen gemeenskappe wie se sonde die hemele onteer.

“want die mag van die goddeloses sal verbreek word” (37:17)

Dawid se ongelooflike profesie vir God se kinders word hier vervul voor ons oë. En tog, die Psalm is ook ‘n Psalm van groot hoop. Dit het ‘n ongelooflike belofte vir hulle wat hulle vertroue ten volle in die Here stel.

TYD VIR VERGELDING

Daar kom ‘n tyd wat Jesaja beskryf, “Die dag van die wraak van die Here het gekom, die jaar van vergelding ter wille van Sion se saak” (Jesaja 34:8)

“Ek het gedurig my hande uitgesteek na 'n opstandige volk wat 'n pad geloop het wat nie goed is nie, wat hulle eie kop gevolg het. Hierdie volk beledig My gedurig in my gesig. . . .Ek gaan ingryp, Ek gaan hulle straf, Ek gaan hulle straf volgens wat hulle verdien” (Jesaja 65:2-3, 6).

Ons weet God slaap nie. Wat ons met ons ekonomie sien gebeur, is nie net Sy wraak nie, maar het ook te doen met die eer en glorie van Almagtige God. Hy sal nie staan en toekyk hoe sy weë deur die goddelose belaster word nie.

Op dieselfde tyd waarop die Here besig is om die goddeloses te vergeld, sal Hy hulle wat op Hom vertrou, beloon.