GOD BEDOEL WAT HY SÊ

David Wilkerson

Sit jy onder sterk prediking wat jou sonde liefdevol openbaar? Indien wel, laat jy toe dat daardie woord jou oortuig van sonde? Of gaan jy reguit terug na jou welluste toe terug sonder enige berou?”

As jy die waarskuwings van die teëhoudende Heilige Gees verwerp en God keer op keer ongehoorsaam is, dan word jy gewerf vir die kultus van die Antichris. Die duiwel lyf jou stilweg in sy verborgenheid van ongeregtigheid in. En wanneer die beloofde, wonderwerkende Antichris kom, sal jy meegesleur word deur sy leuens en oorgegee word aan misleiding!

Luister na wat Paulus sê oor gelowiges wat hulle standaarde verlaag en weier om God se heilige woord lief te hê en te gehoorsaam: “Sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid” (2 Thessalonicense 2:12).

Hier is die onheilspellende gevolge van wanneer ons God se woord nie glo en doen nie:

  1. Die hart word verhard deur die verleiding van sonde.
  2. Satan bearbei die verharde hart om homself te regverdig, sodat dit onthef word van alle vrees vir straf.
  3. Die gelowige word verblind deur die leuen, wat sê daar is geen loon vir sonde en geen Oordeelsdag nie.
  4. Die gelowige word ‘n slagoffer van leerstellinge van duiwels en dink kwaad is goed en goed is kwaad.
  5. Uiteindelik dryf hy so ver weg van Christus en die waarheid, dat hy blind word vir wie die Antichris is – en op die ou end aanbid en dien hy hom as ‘n god.
  6. Op die Oordeelsdag, sal God vir so ‘n persoon sê, “Gaan weg van My af, jou werker van ongeregtigheid!”

Geliefde, dit hoef nie so te wees nie. God het ‘n verbondsbelofte gemaak om alle misleiding van ons af weg te neem en vir ons oorwinning oor sonde te gee. Al wat Hy vra is dat ons oorlog verklaar teen ons sonde en sê, “Ek sal nie vrede maak met hierdie gewoonte nie.  Verlos my, Vader!” Wanneer Hy hierdie gebed hoor, sal Hy so ‘n Heilige Gees krag en heerlikheid uit die hemel stuur, dat die duiwel nie ‘n kans sal staan nie!

Bid nou dadelik dat God ‘n groot ontsag vir sy Woord in jou sal plant. Vra Hom om jou te help om gedissiplineerd te wees om die Skrif te lees. En vra die Heilige Gees om jou te help om alles wat jy lees ter harte te neem – om te glo dat God bedoel wat Hy sê.