GETUIE TOT JESUS SE LIEFDE

Gary Wilkerson

Toe die Here na die aarde toe gekom het om onder ons te wandel, het Hy ‘n baie spesifieke doel gehad, een wat voor die grondlegging van die aarde vasgestel is. Hy het gekom met die sending om ons van die Vader te leer, om magtige werke te doen, om ons van sonde te red en om ons van alle slawerny te verlos.

Daardie soort Verlosser sal natuurlik die aandag van hierdie wêreld se heersende magte trek, maar ten spyte van al die dodelike hindernisse wat deur die mense en Satan teen Hom opgestel was, was Jesus in staat om sy doel te bereik.

Ons leef in ‘n wêreld baie soortgelyk aan die een waarin Jesus gekom het twee milleniums gelede. Volgens die meeste nuusbronne vandag, is talle in Amerika ontsteld oor die idee van ‘n Verlosser soos Jesus. In die afgelope jare, het skoolhoofde, die nasionale media en selfs regeringsamptenare sterk – en negatief – gereageer oor die openbare melding van Christus se Naam. Dit behoort ons nie te verbaas nie, omdat Jesus voorspel het, soos die dag van sy wederkoms nader kom, sal “die liefde van die meeste verkoel” (Matthéüs 24:12).

Nie lank gelede nie, het ‘n nasionale Christelike kinderhospitaal ‘n advertensie aan ‘n TV sportnetwerk voorgelê wat geweier het om dit uit te saai, tensy die naam van “Jesus” uit die advertensie verwyder word. Verder het die patriarg van die polulêre TV program Duck Dynasty gesê dat die Bybel nie homoseksualiteit goedpraat nie en hy was ‘n dweper, homobies en haatdraend genoem. Dit is duidelik dat hierdie vervolgings gering is in vergelyking met dit wat Christene ly in lande waar Christendom onwettig is. In my besoeke aan meer as sestig lande, het ek gesien hoeveel swaarkry gelowiges daagliks oorsee verduur. Ek kan jou egter verseker dat dinge vir die kerk in Amerika binnekort erger sal word. Vervolging sal erger word, omdat die evangelie aanhou om diegene wat in duisternis wandel te frustreer.

Mag ons harte beheer word deur die liefde van Christus sodat ons kan getuig van sy liefde en sien hoe sy doel bereik word te midde van hierdie verdorwe geslag.