GESKRYF DEUR DIE HEILIGE GEES

Claude Houde

In die Nuwe Testament, is Christus die volmaakte Lam van God wat vir die sondes van die wêreld geoffer word. Sy bloed is gestort aan die kruis en dit is ‘n bonatuurlike Paasfees vir elkeen van ons. Ons word gered van die dood en ons kry ewige beskerming en vrede in Hom. Wie ook al homself, deur geloof onder die bloed van Christus plaas, word gespaar van die ewige dood en vind verlossing.

Vyf dae later, is dit Pinkster, die begin van die Kerk waar die belofte van die uitstorting van die Heilige Gees magtig en persoonlik is. Die wette, begeertes, doelwitte, planne en beloftes van God word nie langer geskryf of tafels van klip, maar kan deur die Heilige Gees op die tafels van jou hart geskryf word elke dag. Dit is een van die egste en mees buitengewone manifestasies van die Heilige Gees beskikbaar vir die mens.

Esegiël, die man van God en Bybelse skrywer, het ‘n profetiese beeld ontvang. Dit is ‘n belofte vir elke gelowige wat sal bid, “Here, gee ons meer geloof.” Esegiël beskryf profeties wat bonatuurlik sou plaasvind wanneer iemand God opreg vra om bemagtig te word om Sy besluit deur Hom en vir Hom te ontvang.

“Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ek sal ‘n nuwe Gees in jou plaas. Ek sal die hart van klip (ondeurdringbaar) wegneem en vir jou ‘n hart van vlees gee (waarop God Sy afdruk kan laat – ‘n moderne analogie sou wees soos nat sement). Ek sal My Gees in julle plaas en Ek sal  sorg dat julle My ken en My verordininge gehoorsaam. Ek sal my wette op jou hart skryf en jy sal in my gebooie wandel” (see Esegiël 36:26-27).

Wat ‘n versekering, wat ‘n vertroue! God beloof dat deur Sy Gees nuwe passies, waardes, veranderinge, oortuigings en toewyding moontlik gemaak word.

 

Claude Houde is die hoofpastoor van Eglise Nouvelle Vie (Nuwe Lewe Kerk) te Montreal, Kanada. Onder sy leierskap het Nuwe Lewe Kerk gegroei van ‘n handjievol mense na meer as 3500 in ‘n deel van Kanada met min suksesvolle Protestante kerke.