GEROEP TOT GEMEENSKAP MET JESUS

Jim Cymbala

Ken jy ‘n pa wat nie meer met sy seun praat nie? Miskien was hulle eens naby aan mekaar, maar harde woord was gespreek tydens ‘n argument en hulle het sedertdien nie gepraat nie. Of miskien ken jy ‘n getroude paartjie wat skaars kommunikeer en nie mekaar se geselskap geniet nie. Hierdie individue het ‘n verhouding maar hulle het nie gemeenskap met mekaar nie.

As Christene het ons ‘n verhouding met God – Hy is ons Vader en ons is sy kinders – maar dit beteken nie ons het noodwendig die soort gemeenskap met Hom wat Hy vir ons beplan het nie. Die geskrifte van groot Christen leiers van ‘n honderd jaar gelede of vroeër, plaas ‘n sterk beklemtoning op wedersydse gemeenskap tussen die Here en sy kinders – tyd deurbring in sy teenwoordigheid en net luister na sy stem.

Ons beste model hiervoor is Jesus, wat “Maar Hy het Hom in verlate plekke teruggetrek en gebid” (Lukas 5:16). Hoewel die Seun van God, het Jesus dit noodsaaklik gevind om tyd alleen in gebed deur te bring met die Vader, om te onderskei wat God wou hê Hy moes doen. Hy het na sy Vader geluister vir leiding en vir die presiese onderwerp saak van sy leerstelling: “En die woord wat julle hoor, is nie myne nie, maar is van die Vader wat My gestuur het” (Johannes 14:24).

Dit was terwyl Hy met die Vader gemeenskap gehad het dat Jesus gelei was om twaalf mans te kies om sy volgelinge te wees. “En Hy het op die berg geklim en na Hom geroep die wat Hy wou hê, en hulle het na Hom gekom. En Hy het twaalf aangestel, sodat hulle saam met Hom kon wees en Hy hulle kon uitstuur om te preek en mag te hê om siekes te genees en die duiwels uit te dryf” (Markus 3:13-15). Ons let op dat die eerste rede wat Markus gegee het vir die aanstelling van die Twaalf, was sodat hulle by Hom kon wees. As Jesus iemand geroep het, het gemeenskap vóór bediening gekom.

Wanneer ons ons gemeenskap met Hom verwaarloos, verswak ons; en ons het minder geloof, minder genade en meer spanning. Daar is iets omtrent by Jesus wees, in God se teenwoordigheid, wat ons help om meer vrede en blydskap te hê.

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in ‘n klein bouvallige gebou in ‘n ongure deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is ‘n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.