GEROEP OM ANDERS TE WEES

Gary Wilkerson

God het ons geroep om anders te wees as die wêreld – merkbaar anders.

“Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word” (1 Korinthiërs 2:14).

Daardie andersheid is presies wat die wêreld nodig het. Soos Paulus sê, “Maar as almal profeteer en daar ‘n ongelowige of ‘n onkundige binnekom, dan word hy deur almal oortuig, deur almal beoordeel; en so kom die geheime van sy hart aan die lig. En So sal hy op sy aangesig val, God aanbid, en verkondig dat God werklik onder julle is” (1 Korinthiërs 14:24-25).

Ons eerste taak is om die hongersnood van God se Woord onder ons stop te sit. ‘n Ontmoeting met sy Woord sal ons verlos van “besigheid soos gewoonlik” as Christene. Dit sal ons konfronteer met ons droogheid, koudheid en ongeërgdheid teenoor Christus se weë. En dit sal ons stuur na ons knieë in afhanklike gebed teenoor God om verandering teweeg te bring.

Gebed verander dinge! Dit verander ons harte, ons families, ons kerke, en uiteindelik ons wêreld. Sal jy jou saam met my verbind om drie dinge te doen:

Bid dat God se Woord ‘n werk in ons harte doen
Staan met integriteit as ‘n stem vir Sy Woord
Bid tot Hom om veranderinge teweeg bring wat net Hy kan bring

Ek bid dat ons sal sien dat God Homself openbaar soos Hy gedoen het in so baie herlewings en bewegings wat kulture verander het. Hy alleen kan die gety van boosheid wat vrygestel word, keer – en weer ontsag bring na ‘n kultuur wat afgedwaal het. Hy alleen kan die kerk opwek, ons na bekering lei en geestelike ontwaking na ons samelewing bring.

Laat ons terugkeer na die Here met ons hele hart. Laat ons sy aangesig soek en tot die hemele roep om ‘n nuwe en groot werk in ons land te sien gebeur.