GEREED OM TE VERGEWE

David Wilkerson (1931-2011)

Dit is goed bekend dat Koning Dawid verskriklik gesondig het deur owerspel te pleeg en dit met moord probeer toesmeer het. Verder weet ons dat Dawid vol van die Heilige Gees was en daarom hy moes verskriklik gevoel het.

Die profeet Natan het hom gekonfronteer deur te sê, “Jy het oneer aan God se naam gedoen.” Dawid kon net vir ‘n rukkie aangaan om die las te dra van die verskriklike dade wat hy gepleeg het en hy het dit dadelik bely en hom bekeer. Selfs toe hy nog geween het, het Natan hom verseker, “So het die HERE dan ook u sonde vergewe: u sal nie sterf nie” (2 Samuel 12:13).

Om hierdie versekering te hoor, was egter nie vir Dawid genoeg nie. Jy sien, dit is een ding om vergewe te wees en heeltemal ‘n ander ding om reg met die Here te wees. Dawid het geweet dat vergifnis die maklike deel was. Nou wou hy dinge met God regmaak om in staat te wees om sy blydskap terug te kry. Daarom het hy geroep, “Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie” (Psalm 51:13).

Psalm 51 was geskryf toe Dawid die genadige, lankmoedige natuur van die Here onthou het. In die inleidende vers smeek hy vir God se deernisvolle vergifnis: “Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid.”

Dawid het geweet wat hy moes doen. Hy het uitgeroep! “Hierdie ellendige het geroep, en die HERE het gehoor, en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos” (Psalm 34:7).

“Die oë van die Here is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep . . . Hulle roep, en die HERE hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede” (Psalm 34:16 en 18).

Liewe heilige, jou oorwinning oor elke stryd is om te leer om hierdie vertroue te besit: Dit maak nie saak hoe verskriklik ver jy geval het nie, jy dien ‘n Here wat gereed is om te vergewe. Trouens, Hy is angstig om jou te herstel. Hy besit meer goedertierenheid vir jou as wat jy ooit sal nodig hê.