GENESINGSBEPROEWINGS

David Wilkerson

Ek het al baie biografieë gelees van sendelinge, wat wissel tussen hedendaagse tye tot die antieke geskiedenis. ‘n Mens sou dink dat hierdie kosbare mense, wat so magtig deur God gebruik is, stories van voortdurende liefde, krag en blydskap sou hê. Dit is egter nie so nie. Hulle stories word gekenmerk deur hartseer, moedeloosheid en selfs verraad – stories, nie van avontuur nie, maar van trane.

As ons opreg in ons begeerte is om die krag wat goddelikheid in ons vorm te ken, moet ons gaan na die Tuin van Getsémané, na Jesus, ons voorbeeld. Net so, was die wreedaardige versoeker wat Dawid se hart versoek het op die dak, dieselfde versoeker wat Jesus op die tempeldak versoek het om Hom te vernietig. En al die magte van folterende magte wat Petrus se siel geteister het, was ook by Getsémané, en het gestry teen ons Verlosser.

Vir elke ware man of vrou van God, sal daar ‘n beker van lyding kom. Jesus se hele bediening was om die wil van sy Vader te doen. Trouens, vir drie jaar het alles wat Hy gedoen het op Gólgota gedui. Nou, by Getsémané, het Hy in wese uitgeroep, “O God, as dit enigsins moontlik is, verlos My van hierdie las. Dit is te swaar vir My. Ek sal liewer dat dit verbygaan.”

Ek weet nie wat jou beker van lyding mag wees nie. Sommige Christene het jarelank gebid om van hulle s’n ontslae te raak. Moenie ‘n fout maak nie, ek glo in genesing. Maar ek glo ook in genesingsbeproewings. Dawid het getuig, “Voordat ek verdruk was, het ek gedwaal; maar nou onderhou ek u woord” (Psalm 119:67).

Ons kan nie onsself toelaat om te dink dat elke pyn of beproewing ‘n aanval van die duiwel is nie. Ook mag ons nie dink dat hierdie beproewings beteken dat daar sonde in ons lewens is en dat God ons oordeel nie. Dawid leer ons anders: As hy nie verdruk was nie, sou hy nie die Here gesoek het nie.