GENADE, VREDE EN BLYDSKAP

David Wilkerson

“Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie” (John 14:27).

By die kruis het genade en vrede die gestalte van Jesus Christus aangeneem. Deur die geskiedenis heen, wanneer ‘n kind van God ten volle op die reinigende, genesende krag van Jesus se bloed vertrou het, is vrede belowe. Dit was Christus se eie vrede, dieselfde vrede wat in die paradys heers.

Paulus se woorde oor hierdie onderwerp is bedoel vir elke gelowige, om dit in sy eie wandel toe te pas.

En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar” (Kolossense 3:15, my kursief).

Dierbare gelowige, dit is ons hoop in elke stryd: Laat die vrede in jou hart heers deur op die beloftes van God te vertrou. “En mag Hy, die Here van die vrede, julle altyd vrede gee op allerlei wyse! Mag die Here met julle almal wees” (2 Thessalonicense 3:16).

Mag die volgende gebed van Paulus ook ons s’n word in hierdie dae van onsekerheid:

“En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!” (Romeine 15:13).

Dank God vir sy blydskap en vrede!