GEMEENSKAP MET GOD

David Wilkerson (1931-2011)

Ons aardse liefdes fluktueer, soms daagliks, en gaan van warm en vurig na louwarm en selfs koud soos ons emosies verander. Net soos die dissipels, kan ons gereed wees om te sterf vir Jesus op een dag en Hom verlaat en weghardloop die volgende dag. Ons kan vir die Here sê ons vertrou Hom om in al ons behoeftes te voorsien en tog twyfel en vrees toelaat wanneer ons omstandighede verander.

God se liefde vir ons bly onveranderd. Sy woord sê, “Want Ek, die Here, het nie verander nie” (Maleági 3:6). En in Jakobus 1:17:  “Elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader . . . by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie

Wanneer ons in ware gemeenskap met die Vader leef, ontvang ons nie net sy liefde nie, maar ons het Hom ook terug lief. Dit is wederkerige liefde: beide gee en ontvang van liefde. Die Bybel sê vir ons, “Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag” (Deuteronómium 6:5). Hy sê ook vir ons, “My seun, gee my jou hart” (Spreuke 23:26). Sy eie volmaakte liefde vereis dat ons op ons beurt, ‘n liefde teruggee wat totaal, onverdeeld is.

Die Here sê egter vir ons in baie duidelike terme, “Jy kan my liefde nie verdien nie. Die liefde wat Ek gee, is onverdiend!” Johannes skryf, “Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as ‘n versoening vir ons sonde” (1 Johannes 4:10). “Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het” (vers 19).

God het afgereik tot in die wildernis van ons lewens en vir ons ons verlorenheid gewys en ons ellendig laat voel in ons sonde. Hy het sy Woord gestuur om vir ons waarheid te wys, sy Gees gestuur om ons van sonde te oortuig en toe self agter ons aangekom. As gevolg hiervan, wanneer ons Hom in ons lewens aanvaar en in gemeenskap met Hom bly, kan ons in versekerdheid en stabiliteit wandel en nooit twyfel nie.